Florrie Fokus 20 Februarie 2014

90 downloads 22722 Views 890KB Size Report
20 Feb 2014 ... Die VLR en graad 8-werkers het eweneens voortreflike diens ... Gr. 9 EBW. Gr. 10 Fisiese Wetenskap. Gr. 11 Lewenswetenskap. Gr. 12.
Jaargang 15

Nuusbrief 6

20 Februarie 2014

Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: [email protected] Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat

ENJOY EVERY MOMENT

Geagte Ouers / Voogde en Florries Die bedrywige atletiekseisoen begin einde se kant toe staan. Slegs die Interhoër en die Gautengkampioenskappe bly nog oor. Die Interhoër vind plaas op 'n skooldag, te wete Dinsdag, 25 Februarie 2014. Die spesifieke reëlings oor dié dag sal u wel nog ontvang. SKOOLGELD 2014 Dankie vir alle ouers wat reeds met die betaal van die skoolgeld begin het. Onthou dat as u omstandighede dalk van só 'n aard is dat u nie die volle paaiement kan bekostig nie, betaal ten minste 'n gedeelte. Die rekening word andersins te groot om te kan hanteer. Onthou dat die skool ook moet funksioneer, élke bydrae van élke ouer is dus van groot belang. Die vergunning ten opsigte van die 10% korting geld net tot einde Februarie Ek herhaal net kortliks die syfers: vir 1 leerder is die korting R1400, met ander woorde die totale bedrag is R15 100. Vir 2 leerders is die korting R2660, met ander woorde die totale bedrag betaalbaar is R28940. KLAVIER GESOEK Die skool se Musieksentrum is op soek na 'n goeie tweedehandse klavier. Indien u weet van só 'n klavier, kontak asseblief vir mej. Erasmie Olivier by die skool se musieksentrum. Die Musieksentrum bied binnekort 'n geseligheid aan waar uitgelese kunstenaars gaan optree. Hulle is op soek na borge om die kostes van die aand te help dek. Vir navrae kan u met mej. Erasmie Olivier skakel.

Groen vandag want môre wag!

PRESTIGE ATLETIEKBYEENKOMS Baie dankie aan die volgende persone / instansies wat meegehelp het om van hierdie byeenkoms weereens 'n spoggeleentheid te maak: · · · · · ·

Ons borge, PNA, PSG Konsult en Neksatec Kollege. Die Universiteit van Johannesburg vir die beskikbaarstelling van hul spogfasiliteite. Mej. Di Woolley, Mnr. Tertius Vermaak, die organiseerders van die byeenkoms en al die Florriepersoneel wat orals aan diens was. Die VLR en graad 8-werkers het eweneens voortreflike diens gelewer. Dunmar sekuriteit wat oudergewoonte groot werk verrig het. Ons atlete, toeskouers en Florrie-Meisies wat getrou op hul pos was en hul skool se naam hoog gehou het.

PRESTASIE Jeandré van der Mescht (gr. 11) het mooi presteer tydens 'n modelkompetisie van 'SA Pageants' waarin hy as wenner aangewys is. Baie geluk, Jeandré! Ter afsluiting, die volgende aanhaling deur John C. Maxwell: “Hy wat weet hoe om struikelblokke trapklippe te maak is die een wat oorwinning sal behaal. Elke klip op ons pad is óf 'n hulpmiddel óf 'n hindernis, afhangende van hoe ons elke situasie hanteer. Trap op elke klip, en vorder steeds hoër en hoër na oorwinning”. Vriendelike groete

M.S. SCHUTTE HOOF CSI Florida Morné Bruwer gaan Vrydag by ons CSI wees. Ons kom in O31 bymekaar. Kom saam en gesels oor en leer meer van Jesus, ons Verlosser. Sien jou eerste pouse! BERADING: Die beradingskantoor het nou na die video-kamer toe geskuif. Dis agter die G-gebou. Afsprake kan ook gemaak word met ds. Jaco Schoeman (082 411 4080), o.a. vir gesinsberading. Gesinsgeweld kan by Amanda Nel aangemeld word. Onthou dat jul ouers ook welkom by ons beradings-kantoor is. As daar niemand by die kantoor is nie, kan jy vir juff Boll in B3 kontak. Hierdie mense wil jou graag help. Gaan gesels gerus met hulle. 2

MAANDAG

DINSDAG

WOENSDAG DONDERDAG Amanda Nel Pieter vZyl

Amanda Nel Pieter vZyl

Jaco Oosthuizen

Melissa Jacobs

Amanda Nel Pieter vZyl Johan Pieterse

Shané Pienaar Johan Woest Shané Pienaar

Shané Pienaar Shané Pienaar Shané Pienaar

Jaco Oosthuizen Johan Woest

Voor skool

Pouse 1 Pouse 2 Na skool

Johan van der Walt

VRYDAG

“9 TO 5” OEFENTYE Datum Woensdag 26 Februarie

Saterdag 1 Maart

Tyd 17:50 – 19:00 18:55 – 20:00

Liedjie Backwoods Barbie Finale: Alle deelnemers behalwe Divan en Nandi Around here Heart to Hart Name sal bekend gemaak word tydens 19/02 se oefening

20:00 – 21:00 15:00 – 18:00

PRESTIGE ATLETIEKUITSLAE 14 FEBRUARIE 2014 Medaljewenners Jared Keir So/15 Hoogspring Davan du Plessis So/14100m Tino Swanepoel 100m Hekkies Tino Swanepoel 300m Hekkies Kurtwill Marks So/15 100m Ivan Chapman So/16 800m Franklin Wagner So/16 100m Werner van Aswegen So/17 3000m Kyle van Huysteen So/17 100m Kyle van Huysteen So/17 200m Jessica Boshoff Do/15 Gewigstoot Elizabith Loots Do/19 Diskus Elizabith Loots Do/19 Driesprong Elizabith Loots Do/19 Gewigstoot Genelle van Vuuren Do/19 3000m Beste Atleet vir die week SEUNS Tino Swanepoel DOGTERS Unelle Snyman

1,70m 11,50s 14,33s 43,20s 11,43s 2m02,24s 10,80s 09m55,59s 11,09s 22,44s 11,49m 38,11m 10,50m 10,31m 11m45,73s

2 plekke in Hekkies 1m verder gespring in Driesprong

1ste 2de 3de 2de 2de 3de 2de 3de 2de 3de 3de 3de 1ste

MATRIEKREüNIES ·

Die 1964-matriekgroep beplan 'n 50-jaar reünie. Stuur asseblief kontakbesonderhede aan Elsie Smith (Swart) 0823366257 / [email protected]

DINSDAG 25 FEBRUARIE 2014 - R100 BETAALBAAR SO GOU AS MOONTLIK! Kom wees deel van die Interhoërfees! Kom geniet 'n dag vol atletiek, sang en BAIE GEES! Sien jou daar!!! BELANGRIKE DATUMS: 21 FEBRUARIE TOT 27 FEBRUARIE 2014 Vr

21 Feb

Sa

22 Feb

Ma

24 Feb

Di

25 Feb

Do

27 Feb

Roodepoort Atletiek CSI Valentynsbal Skyfskiet skooluitdunne - huissport (ken-mekaar-braai) Hokkie Somerliga Toetse: Gr. 8 Engels Gr. 9 EBW Gr. 10 Fisiese Wetenskap Gr. 11 Lewenswetenskap Gr. 12. Rekeninkgkunde Interhoër Musieksentrum orkesoefening (18:00 – 20:00) Toetse : Gr. 8 NW -Nat&Skei Gr. 9 Engels Gr. 10 Geografie Gr. 11 Besigheidstudies Gr. 12. Fisiese Wetenskap Gr. 11-Restaurantaand

VERJAARSDAE 25 Februarie

Me. Ilse le Roux

Van harte geluk. Seënwense word u toegewens.

Groen vandag want môre wag!

“As 'n saak nie belangrik genoeg is om oor te bid nie, is dit nie belangrik genoeg om jou daaroor te bekommer nie; en as dit belangrik genoeg is om oor te bid, en ons daaroor gebid het, is daar nie meer rede om daaroor bekommerd te wees nie.” - James Gibbons

Nataniël By Hoërskool Florida 19 Maart 2014 R150,00 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die finansiële kantoor. Geen kinders jonger as 15.

Zbr Bestuurskool Florida Aanbied van leerlinglisensie klasse @ R300.00 Bestuurslesse teen mededingende pryse @ R190.00 per uur Bestuur van eie voertuig vanaf eie adres @ R160.00 Bestuurslesse met eie voertuig vanaf my adres @ R120.00 per uur Toets datum word volgens behoefte gereël. Skakel gerus vir enige navrae

Chris Britz Tel: 011-672-7681 Sel: 082-693-2855